01 . OOR MY

Baie welkom hier!

Jou vriendelike, Afrikaanse, gesin- en Leefstyl fotograaf in Pretoria.

My naam is Shirly Hurn en ek is die passievolle kunstenaar en gesig agter Yudé Photography (en natuurlik agter die kamera)

In 2020 was ek aangewys as een van die TOP 20 Fotograwe, internationaal vir leefstyl en trou-fotografie….

E-pos ons:

info@yudephotography.co.za

Bel ons:

+27 (0)71 491 1626

03 . FAQs

Veelgestelde Vrae

Waar neem ek foto's ?

Ek stel ‘n paar venue’s voor in Pretoria en kan voorbeelde gee van wat om te verwag by elk van hulle waar ek al self gewerk het, asook die kostes ens. Van elke venue. (Venue fooie en bespreking daarvan is nie ingesluit by fotografie-pakkette nie.)

Enige voorstelle van mooi en veilige plekke waar jul graag die sessie wil doen, is ook baie welkom.

Wat om aan te trek vir 'n fotosessie ?

Die belangrikste is dat almal gemaklik voel in hul uitrustings en daarvan hou.  Enige 2 of 3 skakkerings/kleure waarvan jy hou is welkom (pas op vir skerp oranje.)

Wenk: Indien gesinsfoto’s bv. gaan gebruik word op canvas of enige soort drukwerk in die huis, sal ek voorstel om die uitrustings se skakkerings / kleurskema’s te laat inpas by jou huis se kleurskema sodat die hele prentjie op die ou-end saam kan vloei en perfek afgerond wees.

Hoe lank gaan ek wag vir foto's ?

Vir veiligheid sê ek so rondom 3 – 6 weke, dit mag soms vinniger wees afhangend van die tyd van die jaar.  Ek weet die wag is moeilik!  En glo my, ek weet die nuuskierigheid maak mens so effe onrusting.  Maar ek wil jou gerusstel, dat die wag absoluut die moeite werd is, want dit stel my in staat om ekstra liefde in my kuns te plaas en aan elke foto die nodige aandag te gee wat dit verdien. Ek wil trots wees op elke foto waaraan ek werk.  En jy moet ook voel dat elke een SPOGWAARDIG Is.

Elke foto word individueel “handgemaak” en dus gooi ek nie slegs filters daaroor nie, elke een is ‘n meesterstuk in eie reg.

Hoeveel foto's kan ek verwag ?

Die hoeveelheid foto’s is volgens die pakket-inligting wat ek persoonlik sal aanstuur.  Voltooi asb. Die aanlyn-vorm om die pakket-inligting per e-pos te ontvang.

Ek kies en verwerk (edit) al die mees fotogeniese foto’s volgens my professionele opinie en stuur dit per e-pos in ‘n “sample gallery” sodat jy self jou gunstelinge kan kies sodra ek klaar is daarmee.  Additionele, digitale foto’s kan ook aangekoop word.

(Let wel: Geen onverwerkte foto’s / roumateriaal word beskikbaar gemaak nie.)

Koffietafel-fotoboeke en canvas drukwerk is ook beskikbaar op aanvraag.

Hoe werk betaling ?

Die volle bedrag is betaalbaar vir alle leefstylsessies om jou datum en tydgleuf te bespreek sodat niemand anders jou kan voorspring vir daardie dag en tyd nie.

Vir kwotasies bo R4000, word ‘n 50% deposito / besprekingsfooi vereis om jou dag en tyd vas te maak.

Bespreek dus so gou as moontlik per e-pos of WhatsApp:

info@yudephotography.co.za of 0714911626

Of voltooi die aanlyn-vorm om met my in kontak te kom.

https://yudephotography.co.za/kontak-ons/

error: Content is protected !!