
E-pos ons:
info@yudephotography.co.za
Bel ons:
+27 (0)71 491 1626
OOR MY
Baie welkom hier!
Jou vriendelike, Afrikaanse, gesin- en Leefstyl fotograaf in Pretoria.
My naam is Shirly Hurn en ek is die passievolle kunstenaar en gesig agter Yudé Photography (en natuurlik agter die kamera)
In 2020 was ek aangewys as een van die TOP 20 Fotograwe, internationaal vir leefstyl en trou-fotografie.
Ek glo nie dat enige iets in die lewe toevallig gebeur nie, ek glo dat alles met ‘n rede gebeur en dat ek in die spesifieke beroep is vir ‘n baie spesifieke rede. Vir my is dit nie bloot ‘n ekstra tydverdryf, stokperdjie of sommer net iets op die kantlyn vir ’n ekstra inkomste nie – my kuns VOED MY HART en ek wil my kuns met jou deel!
My grootste liefde en spesialiteit lê by leefstyl fotografie wat meestal gesinne, kinders, “Newborn lifestyle”, paartjies, moederskoot (Maternity), verlowing en matriekafskeid insluit.
Ek werk meestal met natuurlike lig, laatmiddag, net so voor sonsak om vir jou die mees professionele kwaliteit te kan verskaf.
My styl is meer eg aan ware kleure – word ook beskryf as “True to colour” en is nie swaar, diep en donker nie maar ook nie uitgeblaas en oorbelig nie. Elke sessie het sy eie gevoel en lig, ek verwerk elke sessie dus daarvolgens.